Maandag 15 Maart 2010

Voorspelling oor die ondergang van die Assiriers

Voorspelling oor die ondergang van die Assiriërs

GAAN NA OUER PLASING AAN DIE EINDE VAN ELKE BLADSY.
Jes 10 Vers 12: Maar as die Here al Sy werk voltooi het (Met die wederkoms) op die berg Sion en in Jerusalem, dan sal Ek besoeking doen oor die vrug van die grootsheid van die hart van Assirië se koning, en oor die gepraal van sy hoë oë.
Vers 13: Want hy sê: Deur die krag van my hand het ek dit gedoen en deur my wysheid, want ek is verstandig; en die grense van die volke het ek verwyder, en hulle voorrade het ek geplunder, en die wat op trone sit, het ek soos ‘n maghebber neergewerp.
Vers 15: Kan die byl hom beroem teen die wat daarmee kap, of die saag spog teen hom wat dit trek?
Vers 16: Daarom sal die Here onder sy vettes ‘n maerte stuur; en onder sy heerlikheid sal Hy ‘n brand laat uitslaan soos die brand van vuur.
Vers 17: En dit sal sy dorings en sy distels verbrand en verteer op een dag. (Die Son gaan sewe maal warmer wees.)
Vers 18: Ook sal Hy die heerlikheid van sy bos en van sy vrugteboord verteer, van die siel af tot die vlees toe, sodat dit is soos wanneer ‘n kranke wegkwyn.
Jes 10 Vers 19: En die oorblyfsel van die bome van sy bos sal min in getal wees, en ‘n seuntjie sal hulle kan opskrywe.
Vers 20: En in die dag sal die oorblyfsel van Israel, en die wat ontvlug het van die huis van Jakob, nie meer voortgaan om te steun op hom wat hulle slaan nie; maar hulle sal steun op die Here, die Heilige van Israel, in opregtheid.
Vers 21: Die oorblyfsel sal terugkom, die oorblyfsel van Jakob na die sterke God toe.
Vers 22: Want al was jou volk, o Israel, (Die twaalf stamme wat oor die Aarde versprei is.) soos die sand van die see, net ‘n oorblyfsel van hulle sal terugkom. Die verdelging is vas besluit en vloei oor van geregtigheid.
Vers 23: Want ‘n verdelging wat vas besluit is, sal die Here Here van die leërskare voltrek in die midde van die hele aarde.
Vers 24: Daarom, so sê die Here: O My volk wat in Sion woon, wees nie bevrees vir Assur wat jou met die staf slaan en sy stok teen jou ophef op die manier van Egipte nie. (Ons gaan slawe wees.)
Vers 25: Want nog ‘n baie kort rukkie, dan is die grimmigheid ten einde, en My toorn gaan uit om hulle te vernietig.
Vers 32: Nog vandag staan hy in Nob, hy swaai sy hand teen die berg van die dogter van Sinn, teen die heuwel van Jerusalem!
Vers 33: Maar kyk, die Here slaan met skrikwekkende geweld die takke af, en die hoog uitgegroeides word omgekap en die verhewendes neergegooi.
Vers 34: En hy sal die digte takke van die bos met die yster omkap, en die Libanon sal val deur die Heerlike. (Die hele Bybel, met nog 440 ander onderwerpe gratis op die Internet. Gaan na https://dieversteekteverse.blogspot.com Indien u nie dadelik by die boek uitkom nie, soek eers: BLOG SEARCH ENGINE en dan die boek. )

Geen opmerkings nie: