Maandag 15 Maart 2010

Profesie teen die Filistyne (Palistyne)

GAAN NA OUER PLASING AAN DIE EINDE VAN ELKE BLADSY.
Jer 47 Vers 2: Kyk, die waters rys op uit die noorde en hulle sal ‘n oorlopende stroom word; ja, hulle oorstroom die land en sy volheid, die stad en die wat daarin woon; en die mense sal skreeu, en al die inwoners sal huil.
Vers 3: Weens die stampgeluid van sy perde se pote, weens die geraas van sy waens, die gedreun van sy wiele. Die vaders kyk nie om na die kinders nie - so slap is die hande –
Vers 4: Weens die dag wat kom om al die Filistyne tot niet te maak. Want die Here maak die Filistyne tot niet, die oorblyfsel van die eiland Kaftor. (Afstammeling van Gam.)
Jes 14 Vers 30: En die eersgeborenes van die armes sal wei, en die behoeftiges sal veilig lê en rus; maar jou wortel sal ek deur honger laat sterwe, en jou oorblyfsel sal ook so doodgemaak word.
Vers 31: Huil, o poort! skreeu, o stad! bewe, o ganse land van die Filistyne! want uit die noorde kom rook, en daar is geen afswerwer onder sy skare nie.
Vers 32: Wat sal hulle dan die boodskappers van die nasie antwoord? dat die Here Sion gegrondves het, en dat die ellendiges van Sy volk daarin sal skuil.
Eseg 25 Vers 15: Omdat die Filistyne wraaksugtig gehandel het en hulle erg gewreek het met veragting in die siel, om te verwoes met ewige vyandskap
Vers 16: Kyk, Ek strek my hand uit teen die Filistyne en sal die Kretiërs uitroei en die oorblyfsel van die seekus vernietig.
Vers 17: En ek sal gedugte wraak aan hulle oefen met grimmige strawwe. (Die hele Bybel, met nog 440 ander onderwerpe gratis op die Internet. Gaan na https://dieversteekteverse.blogspot.com Indien u nie dadelik by die boek uitkom nie, soek eers: BLOG SEARCH ENGINE en dan die boek. )

Geen opmerkings nie: