GAAN NA OUER PLASING AAN DIE EINDE VAN ELKE BLADSY.
Hos 5 Vers 9: Efraim sal ‘n woesteny word op die dag van straf;
Vers 11: Efraim is verdruk, verbreek deur die oordeel; want dit het hom behaag om na die gebod van mense te wandel.
Jes 17 Vers 1: Kyk, Damaskus word weggeneem, sodat dit geen stad meer is nie, maar dit sal ‘n vervalle puinhoop word.
Vers 2; Die stede van Aroër sal verlate wees; vir die troppe vee sal hulle wees wat daar sal lê sonder dat iemand hulle skrikmaak.
Vers 3: En die vesting sal verdwyn uit Efraim, en die koningskap uit Damaskus; en met die oorblyfsel van Aram sal dit gaan soos met die heerlikheid van die kinders van Israel.
Jes 17 Vers 4: En in die dag sal die heerlikheid van Jakob gering word, en die vet van sy vlees sal wegteer. (Hongersnood.)
Vers 6: Maar ‘n na-oes sal daarin oorbly soos by die afslaan van die olywe: Twee, drie vruggies bo in die top; vier, vyf in die takke van die vrugteboom.
Vers 9: In die dag sal die stede wat sy toevlug was, wees soos die bouvalle van die bos en van die bergtop wat verlaat is vanweë die kinders van Israel, en dit sal ‘n wildernis wees.
Vers 10: Want jy het vergeet die God van jou heil en nie gedink aan die Rots wat jou toevlug was nie. Daarom lê jy lieflike tuine aan en beplant dit met uitlandse wingerdstokke;
Vers 11: Die dag as jy plant, laat jy dit groei, en in die môre laat jy jou saad uitspruit; maar dit sal wees ‘n hoop geoeste graan op die dag van krankheid en ongeneeslike smart.
Jes 28 Vers 1: Wee die trotse kroon van die dronkaards van Efraim, en wee die blom wat verwelk, sy pronksieraad, wat daar is op die top van die vrugbare dal van hulle wat deur die wyn verslaan is. (Lsd of heroien? Die poppy blom?)
Vers 2: Kyk, die Here het een wat sterk en magtig is, soos ‘n haelstorm, ‘n storm vol verwoesting, soos ‘n stortbui van geweldige, oorlopende waters wat teen die grond gooi met krag.
Vers 3: Met voete sal vertrap word die trotse kroon van die dronkaards van Efraim. (Die poppie blom waaruit heroien gemaak word het ‘n kroon.)
Vers 4: En die blom wat verwelk, sy pronksieraad, wat daar is op die top van die vrugbare dal, sal wees soos ‘n voorvy voor die vrugteoes: Iemand sien dit skaars of, terwyl dit nog in sy hand is, sluk hy dit weg. (Verslaafdes?.)
Jes 28 Vers 7: En ook die manne hier wankel deur die wyn en waggel deur sterk drank; priester en profeet wankel deur sterk drank, hulle is verward van die wyn, hulle waggel van sterk drank, hulle wankel as hulle gesigte sien, hulle waggel by die regspraak.
Jer 49 Vers 24: Damaskus is ontmoedig, hy het omgedraai om te vlug, en skrik het hom aangegryp; benoudheid en weë soos van een wat baar, het hom aangegryp.
Vers 25: Hoe is die roemryke stad nie verlaat nie, die vesting van My vreugde!
Vers 26: Daarom sal sy jongmanne val op sy pleine, en al die krygsmanne in die dag omkom.
Vers 27: En Ek sal ‘n vuur aansteek in die muur van Damaskus, en dit sal die paleise van Benhadad verteer.
(Die hele Bybel, met nog 440 ander onderwerpe gratis op die Internet. Gaan na https://dieversteekteverse.blogspot.com Indien u nie dadelik by die boek uitkom nie, soek eers: BLOG SEARCH ENGINE en dan die boek. )
Maandag 15 Maart 2010
Teken in op:
Plaas opmerkings (Atom)
Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking