GAAN NA OUER PLASING AAN DIE EINDE VAN ELKE BLADSY.
Jes 15 Vers 1: Waarlik, in die nag is Ar-Moab verwoes, vernietig! waarlik, in die nag is KirMoab verwoes, vernietig! (Atoom?)
Vers 2: Hulle gaan op na die tempel, en Dibon na die hoogtes om te ween; Moab huil op Nebo en in Medeba; op al hulle hoofde is ‘n kaalte, elke baard is afgeskeer.
Vers 3: Op hul strate het hul rouklere aangegord; op hulle dakke en op hul pleine huil alles en smelt weg in geween.
Vers 6: Want die waters van Nimrim word ‘n woesteny, ja, die gras is verdor, die grasspruitjies het vergaan, daar is geen groenigheid nie.
Vers 9: Want die waters van Dimon is vol bloed; want Ek sal oor Dimon nog meer bring, ‘n leeu oor die van Moab wat ontvlug het, en oor die oorblyfsel van die land.
Jer 48 Vers 6: Vlug, en red julle lewe, en word soos ‘n kaal bos in die woestyn!
Vers 7: Want omdat jy vertrou het op jou handelinge en op jou voorrade, sal jy ook ingeneem word; en Kamos sal uittrek in ballingskap, sy vorste en priesters almal saam.
Vers 24: En oor Kerijot en oor Bosra, ja, oor al die stede van die land Moab, die wat ver en die wat naby is,
Vers 25: Die horing van Moab is afgekap, en sy arm is verbreek.
Vers 26: Maak hom dronk, omdat hy hom groot gehou het teen die Here, sodat Moab neergeslaan is in sy uitbraaksel en hy self ook ‘n belagging word.
Jer 48 Vers 28: Verlaat die stede en gaan woon in die rots, inwoners van Moab! en word soos ‘n duif wat sy nes maak oorkant die opening van die afgrond.
Vers 33: En Ek het die wyn uit die parskuipe laat verdwyn;
Vers 35: En Ek sal in Moab ‘n einde maak aan hom wat op die hoogte offer en rook laat opgaan vir sy god.
Vers 37: Want al die hoofde is kaal en die baarde is afgeskeer; op al die hande is snye en om die heupe is ‘n roukleed.
Jer 48 Vers 40: Want so sê die Here: Kyk, hy sal vlieg soos ‘n arend en sal sy vleuels oor Moab uitsprei. (Met vliegtuie sal hy verwoes word.)
Vers 45: Want ‘n vuur het uitgegaan uit Hesbon, en ‘n vlam uit die huis van Sihon, en het die slape van die hoof van Moab en die skedel van die rumoermakers verteer.
Vers 46: Wee jou, Moab! die volk van Kamos is verlore; want jou seuns en dogters is weggeneem in gevangenskap.
Vers 47: Maar aan die einde van die dae sal ek die lot van Moab verander, spreek die Here.
Jes 16 Vers 1: Stuur die lammers van die Regeerder (Israeliete) van die land uit die rotsstreek weg na die woestyn, na die berg van die dogter van Sion.
Vers 3: Gee raad, gee beslissing, maak jou skaduwee soos die nag op die volle middag, verberg die wat verdryf is, verraai die vlugteling nie!
Vers 4: Laat my mense wat verdryf is, by jou vertoef! aangaande Moab, wees vir hulle ‘n skuilplek vanweë die verwoester. Want gedaan is die verdrukker, klaar is dit met die verwoesting, weg is die vertrappers uit die land!
Vers 5: En opgerig is deur goedgunstigheid ‘n Troon, en daarop sit Een in getrouheid in Dawid se tent, ‘n Regter wat die reg soek en gou is in geregtigheid.
Vers 10: En die vreugde en gejuig weggeneem is uit die vrugteboord, en in die wingerde nie gejubel of gejuig word nie; die druiwetrapper trap geen wyn in die parskuipe nie; Ek het die vreugdegeroep laat ophou.
Jes 15 Vers 12: En as Moab verskyn, as hy hom vermoei op die hoogte en in sy heiligdom ingaan om te aanbid, dan sal hy niks uitrig nie.
Vers 13: Dit is die woord wat die Here tevore teen Moab gespreek het.
Vers 14: En nou spreek die Here en sê: Binne drie jaar - soos die jare van ‘n dagloner - sal die heerlikheid van Moab veragtelik gemaak word saam met die hele groot menigte; en die oorblyfsel sal min, gering, onmagtig wees.
Eseg 25 Vers 8: Omdat Moab en Seir sê: Kyk, die huis van Juda is soos al die nasies -
Vers 9: Daarom maak ek die berghange van Moab oop, dat dit sonder stede is, in sy hele gebied. Die sieraad van die land: Bet-jesimot, Baal-meon en tot Kirjataim toe.
Vers 10: Aan die kinders van die ooste sal ek dit, saam met die kinders van Ammon, as besitting gee, sodat die kinders van Ammon nie meer genoem sal word onder die nasies nie.
(Die hele Bybel, met nog 440 ander onderwerpe gratis op die Internet. Gaan na https://dieversteekteverse.blogspot.com Indien u nie dadelik by die boek uitkom nie, soek eers: BLOG SEARCH ENGINE en dan die boek. )
Maandag 15 Maart 2010
Teken in op:
Plaas opmerkings (Atom)
Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking