Maandag 25 Oktober 2010

Was daar mense op aarde voor Adam en Eva? DIE BYBEL IN ONDERWERPE


GAAN NA OUER PLASING AAN ONDERKANT VAN BLADSY

Eseg 26 Vers 19: As Ek die watervloed oor jou laat opkom en die groot waters jou oordek; (In Noag se tyd.)
Vers 20: Dan sal Ek jou laat neerdaal saam met die wat in die kuil neerdaal, na die mense van die voortyd; en Ek sal jou laat woon in die onderste plekke van die aarde, in ewige woestenye, saam met die wat in die kuil neergedaal het, sodat jy nie bewoon word nie; en Ek sal heerlikheid gee in die land van die lewendes.
Pred 1 Vers 9: Wat gewees het, dit sal daar weer wees; en wat gebeur het, dit sal weer gebeur, en daar is glad niks nuuts onder die son nie. (Ek dink die Aarde het dalk al duisende kere vergaan, en alles begin weer van voor af. Die Aarde is dalk die Hemelinge se "reality show"
Vers 10: Is daar iets waarvan ‘n mens kan sê: Kyk hier, dit is nuut? dit was lankal daar in die ou tyd wat voor ons gewees het.
Vers 11: Daar is geen nagedagtenis van die voorvaders nie; en ook van die nageslagte wat kom, sal daar geen nagedagtenis wees by die wat later sal wees nie.
Psa 104 Vers 30: U stuur U Gees uit, hulle word geskape; en U maak die gelaat van die aarde nuut.
(Die aarde word nie geskape nie, hy was daar voorheen. Die aarde word hernu.) 
Miga 5 Vers 1: En jy, Betlehem efrata, klein om te wees onder die geslagte van Juda, uit jou sal daar vir My uitgaan een wat ‘n heerser in Israel sal wees; (Jesus) en Sy uitgange is uit die voortyd, uit die dae van die ewigheid. (Elke keer word slegs die regverdiges op die einde uitverkies om die Koningkryk van die Hemele te beërwe - slegs die wat waardig geag word – die ander word vernietig, en die proses begin weer voor. In ‘n steenkoolmyn is iets soortgelyks aan ‘n vonkprop gevind 2 kilometer onder die aarde en het vasgesit binne in die steenkool, miljoene jaar oud!)
Psalm 68 Vers 34: Van Hom wat ry in die hoogste hemele, wat uit die voortyd is; kyk, Hy verhef Sy stem, ‘n magtige stem. Jes 14 Vers 12: Hoe het jy uit die hemel geval, o môrester, seun van die dageraad! hoe lê jy teen die aarde neergeslaan, oorweldiger van die nasies! (Hier word gepraat van Satan. Satan het Satan geword toe hy die mense van die aarde verlei het, deur te sê hulle moet hom aanbid, en ook omdat hy hom bokant God wou stel. Hy is toe uit die hemel geskop. Dit was gedurende 'n siklus waarvan ons nie weet nie.)
Vers 13: En jy het in jou hart gesê: Ek wil opklim in die hemel, my troon verhef bo die sterre van God..
Eseg 28 Vers 14: Jy was ‘n gerub met uitgespreide vlerke wat beskut, en Ek het jou gestel op ‘n Heilige berg; (aangestel oor ‘n heilige nasie) ‘n God was jy; jy het gewandel tussen vurige gesteentes.
Gen 3 Vers 1: En die slang sê vir die vrou: Is dit ook so dat God gesê het: Julle mag nie eet van al die bome van die tuin nie?
Vers 3: En Eva antwoord die slang: Maar van die vrugte van die boom wat in die middel van die tuin is, het God gesê: Julle mag daarvan nie eet nie, en dit nie aanroer nie, anders sal julle sterwe.
Vers 5: Toe sê die slang: Julle sal gewis nie sterwe nie. Maar God weet dat as julle daarvan eet, julle oë sal oopgaan.
(Satan was dus al reeds neergegooi op die Aarde toe die eerste mense, Adam en Eva, gemaak is. Oor watter mense het hy dan geheers, en deur watter mense is hy uit die hemel geskop? daar was dus mense voor Adam en Eva op die aarde.)
Openb 20 Vers 2: En Hy het die draak gegryp - die ou slang wat die duiwel en die Satan is - en Hy het hom gebind duisend jaar lank. (Die duisend jaar van vrede wat nog moet kom.)
Gen 4 Vers 1: En Adam en Eva (Volgens die Bybel die eerste mense op aarde) het twee seuns gehad, Kain en Abel
Vers 10: Toe Kain vir Abel doodmaak,
Vers 11: Word hy vervloek deur God.
Vers 14: Toe sê Kain aan God: ‘n Swerwer en vlugteling sal ek wees op aarde, en elkeen wat my kry sal my doodmaak.
(Daar was dan net Adam, Eva en Kain op die aarde. Wie sou hom dan doodmaak?)
Vers 17: En Kain het sy vrou beken. (Waar het hy haar gekry?)
Vers 25: En Adam het sy vrou weer beken, en Set is gebore.
Vers 26: En ook vir Set is ‘n seun gebore. (Waar het hy ‘n vrou gekry?)
Job 38 Vers 1-7: Toe die aarde geskep is, het die Seuns van God saam gejuig. (Kom hulle ook soos Jesus, die Seun van God, uit ‘n vorige lewe op aarde? Is hulle ook Koning oor die Konings op ander planete? volgens die Bybel is Adam ongeveer 6000 jaar gelede geskape. Waar kom die kopbene op aarde vandaan wat miljoene jaar oud is? En die dinausarrusse?)
Mal 2 Vers 15: Het Hy dan nie een mens gemaak nie? hoewel Hy gees oorgehad het? en waarom die een? Hy het ‘n geslag van God gesoek. (Uit Adam) Neem julle dan in ag ter wille van julle gees, en wees nie ontrou aan die vrou van jou jeug nie. (Dit is hoekom Adam geskape is. Ons is 'n geslag van God.)
Dan 7 Vers 9: Ek het bly kyk totdat trone (Baie Konings in die Hemel) reggesit is en ‘n Oue van dae gaan sit het; Sy kleed was wit soos sneeu en die hare van Sy Hoof soos skoon wol; Sy Troon was vuurvlamme, die wiele daarvan ‘n brandende vuur;
Vers 10: ‘n Stroom van vuur het gevloei en voor Hom uit gegaan; duisend maal duisende het Hom gedien, (Hulle kom uit ‘n vorige lewe op aarde) en tienduisend maal tienduisende het voor Hom gestaan; die gereg het gaan sit en die boeke is geopen. (Hier word nie gepraat van God nie. Hierdie Oue van dae is so hooggeplaas in die Hemel, dat Hy aan Jesus die Koningskap oor die Aarde oorhandig het. Klink soos die Hemel se regering.)
Dan 7 Verse 13: En kyk, met die wolke van die hemel het een gekom soos die Seun van ‘n mens, en Hy het gekom tot by die Oue van dae, en hulle het Hom (Jesus) nader gebring voor Hom.
Vers 14: En aan Hom (Jesus) is gegee heerskappy en eer en koningskap; (Oor die aarde) en al die volke en nasies en tale het Hom vereer; Sy heerskappy is ‘n ewige heerskappy wat nie sal vergaan nie, en Sy koninkryk een wat nie vernietig sal word nie.
Gen 6 Vers 1: Toe die mense op die aarde begin vermeerder en daar vir hulle dogters gebore is,
Vers 2: Sien die Seuns van God dat die dogters van die mense mooi was, en hulle het vir hul as vroue geneem almal wat hulle verkies het.
Vers 4: In die dae was die reuse op die aarde, en ook daarna, toe die Seuns van God by die dogters van die mense ingegaan en die vir hulle kinders gebaar het. (Dit is nog 'n siklus wat ons nie van weet nie.)

(Waarom het die Vader dan vir Adam gemaak tussen al hierdie ander mense?)
Mal 2 Vers 15: Het Hy dan nie een mens gemaak nie? hoewel Hy gees oorgehad het? en waarom die een? Hy het ‘n geslag van God gesoek.
(Daar is nou 'n hamer met sy steel wat vassit in soliede klip diep onder die grond gevind wat 1.4 MILJOEN jaar oud is. Daar is ook baie ander voorwerpr gevind wat niemand kan verklaar nie, behalwe Die Bybel verklaar dat dit voorwerpe uit 'n vorige lewens siklus op aarde is. Volgens die TV series Ancient Aliens was dit gode wat oor die miljoene jaar afgedaal het en die mense se op baie plekke reg oor die aarde dinge geleer het. Hierdie TV reeks veral series 16 episode 7 sal bewys dat daar mense op aarde was voor Adam, maar die reeks glo dat dit gode was.
Hulle het dinge ontdek wat ons vandag nie kan namaak nie.
Op hierdie siklus waar ons vandag is is mense gemaak:)
Genesis 1 Vers 26: En God het gesê: Laat Ons mense maak na Ons beeld, na Ons gelykenis.
(Die hele Bybel, met nog 440 ander onderwerpe gratis op die Internet. Gaan na https://dieversteekteverse.blogspot.com Indien u nie dadelik by die boek uitkom nie, soek eers: BLOG SEARCH ENGINE en dan die boek. )