Vrydag 19 Maart 2010

Mag ons iets uit die Bybel weglaat of byvoeg?

Mag ons iets uit die Bybel weglaat of byvoeg? en indien ons dit doen,
wat sal gebeur?

GAAN NA OUER PLASING AAN DIE EINDE VAN ELKE BLADSY.
Openb 22 Vers 18: Want Ek betuig aan elkeen wat die woorde van die profesie van hierdie boek hoor: As iemand by hierdie dinge byvoeg, dan sal God oor hom die plae byvoeg waarvan in hierdie boek geskrywe is.
Vers 19: En as iemand iets van die woorde van die boek van hierdie profesie wegneem, dan sal God sy deel wegneem uit die boek van die lewe en uit die Heilige stad en uit die dinge waarvan in hierdie boek geskrywe is.
Deut 4 Vers 2: Julle mag by die woord wat Ek julle beveel, niks byvoeg nie, en julle mag daar niks van weglaat nie; sodat julle die gebooie van die Here julle God mag onderhou, wat Ek julle beveel.
Matt 5 Vers 19: Elkeen dus wat een van die minste van hierdie gebooie breek en die mense so leer, sal die minste genoem word in die Koninkryk van die hemele; maar elkeen wat dit doen en leer, hy sal groot genoem word in die koninkryk van die hemele.
Deut 12 Vers 32: Alles wat Ek julle beveel, dit moet julle sorgvuldig hou; jy mag daar niks byvoeg en daar niks van weglaat nie.
Spr 30 Vers 6: Voeg by Sy woorde niks by nie, sodat Hy van jou nie rekenskap vorder en jy as ‘n leuenaar openbaar word nie. (So is in die nuwe Bybel bv. Deut 23 Vers 2 heeltemal verander, sodat dit die huidige regering en susterskerke pas.) (Die hele Bybel, met nog 440 ander onderwerpe gratis op die Internet. Gaan na https://dieversteekteverse.blogspot.com Indien u nie dadelik by die boek uitkom nie, soek eers: BLOG SEARCH ENGINE en dan die boek. )

Geen opmerkings nie: