Vrydag 19 Maart 2010

Kinders se verhouding met hulle ouers, en ouers met slawe

GAAN NA OUER PLASING AAN DIE EINDE VAN ELKE BLADSY.
Gen 19 vers 32: En Lot se twee dogters het hom dronk gemaak en gemeenskap met hom gehad.
Vers 36: En hulle het albei by hom bevrug geword.
Gen 25 vers 22: En die tweeling het teen mekaar gestoot binne in haar terwyl sy nog swanger was.
Gen 29 vers 21: Na 7 jaar sê Jakob vir Laban: Gee tog my vrou, Ragel, want my dienstyd van 7 jaar is om, dat ek met haar gemeenskap kan hê.
Vers 23: Maar die aand het Laban sy dogter Lea na hom gebring. (Die verkeerde dogter) en hy het met haar gemeenskap gehad.
Vers 27: En Jakob het na een week met Ragel gemeenskap gehad, en nog 7 jaar vir haar gewerk. (Hy was toe nog nie getroud met Ragel nie.)
Gen 30 vers 1: Ragel was jaloers op haar suster en sê vir Jakob: Gee vir my kinders of anders sterf ek.
Vers 3: En Ragel sê vir Jakob: Vat my slavin en hou gemeenskap met haar dat sy kan baar en ek uit haar gebou word.
Gen 30 vers 14: Toe sê Ragel aan Lea: (Albei vroue van Jakob) As jy my van jou seun se liefdesappels gee kan jakob vannag by jou slaap.
Vers 16: Toe sê Lea aan Jakob: Jy moet na my kom, want ek het jou eerlik gehuur, en hy het by haar geslaap.
Gen 31 vers 34-35: Toe Ragel se vader haar tent duersoek sit sy op die gode, en sê vir Laban, haar vader, sy kan nie opstaan nie, want sy menstrueer.
Gen 35 vers 22: Ruben, Israel se seun het met Bilha, sy vader se vrou, gemeenskap gehad.
Gen 37 vers 4: Josef se broers kon nie vriendelik met hom praat nie.
Vers 18: Sy broers wou hom doodmaak en in ‘n put gooi, maar Ruben oortuig hulle om hom slegs in ‘n put te gooi.
Vers 22: Hulle trek toe Josef se rok uit en gooi hom in ‘n put.
Vers 27: Juda oortuig toe sy broers om vir Josef aan die Ismaeliete te verkoop vir 20 sikkels silwer.
Gen 38 vers 7: Maar Er, die eersgeborene van Juda, het die Here mishaag, daarom het die Here hom laat sterwe.
Vers 8: Toe sê Juda vir Er se broer Onan: Jy moet gemeenskap hê met die vrou van jou dooie broer, en sluit die swaershuwelik met haar.
Vers 9: Maar elke keer as Onan met Tamar gemeenskap het, het hy sy saad op die grond gemors sodat sy dooie broer nie ‘n nageslag sou hê nie.
Gen 38 vers 14: Tamar trek mooi klere aan en maak haar gesig toe.
Vers 15: Juda, haar skoonvader dink toe sy is ‘n hoer en gaan by haar in. Daar word toe ‘n tweeling gebore.
1 Sam 20 vers 30: Toe ontvlam die toorn van Saul teen Jonathan en hy sê vir hom: jou ontaarde, wederstrewige seun, weet ek nie dat jy die seun van Isai verkies tot jou skande en tot skande van jou moeder se naaktheid nie?
Lev 19 vers 19: Twee soorte van jou vee mag jy nie laat paar nie. Jou akker moet jy nie met twee soorte saad besaai nie. En ‘n kleed van twee soorte goed, van gemengde stof, mag nie op jou kom nie.
Vers 20: En as ‘n man vleeslike gemeenskap het met ‘n vrou wat ‘n salvin is, vir ‘n ander man bestemd, sonder dat sy ooit losgekoop, of vryheid aan haar gegee is, dan moet daar bestraffing plaasvind. Hulle mag nie gedood word nie, want sy was nie vrygelaat nie.
Vers 2 1: En hy moet sy skuldoffer bring aan die Here by die ingang van die tent van samekoms - ‘n ram as skuldoffer.
Vers 22: En die priester moet vir hom versoening doen, en hy sal vergifnis ontvang vir sy sonde wat hy gedoen het. (Dit was voordat Jesus vir ons gesterf het.)
Spr 15 vers 20: ‘n Wyse seun verbly sy vader, maar ‘n dwase mens verag sy moeder.
Spr 19 vers 26: Hy wat sy vader geweld aandoen, en sy moeder wegjaag, is ‘n seun wat skande maak en skandelik handel.
Spr 20 vers 20: Wie sy vader of sy moeder vloek, sy lamp gaan in pikdonker dood.
Spr 23 vers 22: Luister na jou vader wat jou verwek het, en verag jou moeder nie as sy oud geword het nie.
Vers 24: Die vader van ‘n regverdige juig baie; en as iemand ‘n wyse verwek het, dan is hy bly oor hom.
Vers 25: Laat jou vader en jou moeder bly wees, en laat sy juig wat jou gabaar het.
Spr 28 vers 24: Wie sy vader of sy moeder berowe, en sê: dit is geen oortreding nie! - hy is ‘n bondgenoot van ‘n man wat verderflik handel.
Spr 29 Vers 3: ‘n Man wat die wysheid liefhet, verbly sy vader; maar hy wat met hoere omgaan, bring die goed deur.
Efe 6 vers 1: Kinders, julle moet jul ouers gehoorsaam wees in die Here, want dit is reg.
Vers 2: Eer jou vader en jou moeder - dit is die eerste gebod met ‘n belofte -
Vers 3: Sodat dit met jou goed mag gaan en jy lank mag lewe op die aarde.
Kol 3 vers 20; Kinders, julle moet jul ouers in alles gehoorsaam wees, want dit is die Here welbehaaglik.
Vers 21: Vaders, moenie julle kinders terg nie, sodat hulle nie moedeloos word nie. (Die hele Bybel, met nog 440 ander onderwerpe gratis op die Internet. Gaan na https://dieversteekteverse.blogspot.com Indien u nie dadelik by die boek uitkom nie, soek eers: BLOG SEARCH ENGINE en dan die boek. )

Geen opmerkings nie: