Sondag 21 Maart 2010

Is daar lewe op ander planete? DIE BYBEL IN ONDERWERPE


GAAN NA OUER PLASING AAN DIE EINDE VAN ELKE BLADSY.
Job 1,Vers 6: En op ‘n dag, toe die Seuns van God kom om hulle voor die Here te stel, het die satan ook onder hulle gekom. (Waar is al die ander Seuns van God? dit is bekend dat God in die hemel woon. Sal God in die lug woon waar niks is nie? of sou Hy vir Hom ‘n planeet maak waarop Hy sal woon? besluit self. Indien u besluit God woon nie in die lug waar niks is nie, dan is daar lewe op ander planete. Duisende mense, onder wie predikante, en hooggeplaastes, het al met hul eie oë vliënde pierings waargeneem, wat nie van ons aarde is nie. Waar woon die engele? waar woon die hemelse leërskare?)
Openb 7 Vers 9: Na hierdie dinge het ek gesien, en kyk, daar was ‘n groot menigte wat niemand kon tel nie, uit alle nasies en stamme en volke en tale; hulle het gestaan voor die troon en voor die Lam, bekleed met wit klere en met palmtakke in hulle hande; (Daar is 'n Troon, klere en palmbome.)
Vers 10: En hulle het met ‘n groot stem geroep en gesê: Heil aan onse God wat op die troon sit, en aan die Lam.
(Palmbome kan nie in die lug groei nie. Waar God is, is dus ook palmtakke. Die hemel, waar God is, het dus ook grond, waar plante in kan groei. God woon op ‘n planeet.)
Job 38 Vers 7: Toe die môresterre saam gejubel en al die Seuns van God gejuig het?
Jes 13 Vers 5: Hulle kom uit ‘n ver land, van die einde van die hemel af, die Here en die werktuie van Sy grimmigheid, om die hele aarde te verwoes. (Ander planeet.)
Jes 40 Vers 22: Hy sit bo die kring van die aarde, en die bewoners daarvan is soos sprinkane; Hy span die hemele uit soos ‘n dun doek en sprei dit uit soos ‘n tent om in te woon. (Daar woon dus mense in die Hemel.)
Jes 45 Vers 18: Want so sê die Here, wat die hemele geskape het - wat die aarde geformeer en dit gemaak het - Hy het dit bevestig: Hy het dit nie geskape om woes te wees nie, maar dit geformeer om bewoon te word. (Die hemele om bewoon te word.)
Jes 51 Vers 3: Want die Here vertroos Sion; Hy vertroos al sy puinhope en maak sy woestyn soos Eden en Sy wildernis soos die tuin van die Here;
(Erens in die hemel is dus ‘n tuin van die Here, wat bestaan uit bome, grond en blomme. Dit kan net op ‘n planeet wees.)
11 Sam 22 Vers 7: Toe ek benoud was, het ek die Here aangeroep; uit Sy paleis het Hy my stem gehoor.
Psalm 11 Vers 4: Die Here is in Sy Heilige paleis. Die troon van die Here is in die hemel. (Daar is dus ook ‘n paleis.)
Sag 5 Vers 9: En hulle het die efa weggevoer tussen die aarde en die hemel. (Na ‘n ander planeet.)
Joh 8 Vers 23: En Jesus sê vir hulle: Julle is van benede, Ek is van bo; julle is uit hierdie wêreld, Ek is nie uit hierdie wêreld nie. (Daar is ander wêrelde.)
Joh 14 Vers 2: In die huis van My Vader is daar baie wonings. Ek gaan om vir julle plek te berei. (Wonings kan nie uit lug bestaan nie.)
1 Kor 15 Vers 48: Soos die aardse mens was, so is ook die aardse mense; en soos die hemelse mens is, so is ook die hemelse mense. (Daar is mense in die hemel.)
Deut 30 Vers 4: Al was jou verstrooides aan die einde van die hemel, daarvandaan sal die Here jou God jou versamel, en daarvandaan sal Hy jou gaan haal.
Eseg 1 Vers 1: Toe ek onder die ballinge by die Kebarrivier was,
Vers 4: En daar het ‘n stormwind uit die noorde gekom, ‘n groot wolk met onophoudelike vuur; en ‘n glans was rondom die wolk, en daaruit, uit die vuur, het iets soos blinkende metaal geskitter. ( ‘n Vlieënde piering.)
Vers 5: En daaruit het die gestalte van vier wesens gekom. (Die Here het met ‘n vlieënde voorwerp saam met Sy engele gekom. Daar is dus ook vlieënde voorwerpe in die hemel. Dit is ook ‘n bewys dat vlieënde pierings bestaan. )
Eseg 11 Vers 22: Toe het die gerubs hulle vlerke opgehef en die wiele gelyktydig met hulle saam, terwyl die heerlikheid van die God van Israel bo-oor hulle was. (Daar is dus ook voertuie in die hemel.)
Vers 23: En die heerlikheid van die Here het opgestyg uit die stad uit weg en het gaan staan op die berg wat oos van die stad lê.
Hand 1 Vers 9: En ‘n wolk het Jesus voor hulle oë weggeneem.
Hand 8 Vers 39: En toe hulle uit die water opklim, het die Gees van die Here Filippus skielik weggevoer, en die hofdienaar het hom nie meer gesien nie.
1 Kor 15 Vers 40: En daar is hemelse liggame en aardse liggame; maar die heerlikheid van die hemelse is anders as die van die aardse. (Ons liggame kan nie in die ruimte oorleef nie, behalwe met ruimtepakke.)
Openb 12 Vers 12: Daarom, wees verheug, o hemele en die wat daarin woon; wee die bewoners van die aarde en die see, want die duiwel het na julle neergedaal met groot woede, omdat hy weet dat hy min tyd het. (Hier sê God self vir ons daar woon iemand in die hemele.)
Jes 14 Vers 13: En jy het in jou hart gesê: Ek wil opklim in die hemel, my troon verhef bo die sterre van God en sit op die berg van samekoms in die uithoeke van die noorde. (Hierdie berg is dus in die hemel.)
Vers 14: Ek wil klim bo die hoogtes van die wolke, my gelykstel met die Allerhoogste!
Gen 6 Vers 1: Toe die mense op die aarde begin vermeerder en daar vir hulle dogters gebore is,
Vers 2: Sien die Seuns van God dat die dogters van die mense mooi was, en hulle het vir hul as vroue geneem almal wat hulle verkies het.
Vers 4: In die dae was die reuse op die aarde, en ook daarna, toe die Seuns van God by die dogters van die mense ingegaan en die vir hulle kinders gebaar het. (Dit op sigself is genoeg bewys daar is lewe op ander planete. Die verheerlikte liggaam kan nie met ons liggaam meng nie, want reuse word dan gebore.)
Psa 68 Vers 18: Die waens (voertuie en vliegtuie) van God is tienduisende, duisend maal duisende.
11 Kor 12 vers 2: Ek weet van ‘n man in Christus, veertien jaar gelede, of dit in die liggaam of buite die liggaam was, weet ek nie, dat so iemand weggeruk is tot in die derde hemel. (Derde planeet, maar daar is duisende meer.) (Die hele Bybel, met nog 440 ander onderwerpe gratis op die Internet. Gaan na https://dieversteekteverse.blogspot.com Indien u nie dadelik by die boek uitkom nie, soek eers: BLOG SEARCH ENGINE en dan die boek. )

Geen opmerkings nie: